Page 1 - Nuutste oor Vrystaatse Taalwet 3 May 2016 | LOURENS PROKUREURS
P. 1

GOEIE NUUS:

INSAKE: AANSOEK OM MINAGTING VAN HOFBEVEL TEEN MENEER ACE
MAGASHULE

Nadat ek op 7 November 2013 ‘n hofbevel teen die Premier van die Vrystaat bekom
het om die Vrystaat se Taalwet voor 31 Maart 2014 te finaliseer, en dit nie gedoen is
nie, en na verskeie aanmanings, het ek ‘n aansoek om minagting van die hofbevel
van 7 November 2013 op 5 Junie 2015 geloods welke op 17 September 2015 deur
sy edele regter S Ebrahim van die hand gewys is met koste. Ek het aansoek
gedoen om redes en daarna aansoek gedoen om verlof om te appelleer.

Die aansoek om verlof om te appelleer het op 3 Junie 2016 voor sy edele regter S
Ebrahim gedien en sy het verlof aan my verleen om na die Hoogste Hof van Appèl te
appelleer.

Die tersaaklikheid hiervan is veral te midde van die feit dat die taal wetsontwerp van
die Vrystaat verlede Donderdag 26 Mei 2016 voor die Vrystaatse Wetgewer sou dien
maar om ‘n onbekende rede van die agenda verwyder is.

Die poging om hierdie grondwetlike verpligting, wat reeds ongeveer 1999
gefinaliseer moes gewees het, deur middel van hofdruk af te dwing, gaan voort. Die
Wes-Kaap het hulle eie taalwet in 1998 aanvaar. Limpopo in Mei 2003, Noordwes
op 17 April 2015 en die Noord-Kaap in Maart 2014: laasgenoemde beide na
hofbevele wat ek teen gemelde Premiers bekom het. Mpumalanga het net na
aanmanings gereageer en in 2014 ook hulle taalwet gepromulgeer. Die Gauteng se
taalwet is op 24 Mei 2016 by die Gauteng se Wetgewer ingedien nadat ek op 30
   1   2