Page 1 - Vrystaat Hoofde | LOURENS PROKUREURS
P. 1

1

       IN DIE HOË HOF VAN SUID-AFRIKA
    BLOEMFONTEIN AFDELING, VRYSTAAT

                              SAAKNOMMER: 1261/2013

In die aansoek tussen

CORNELUS JOHANNES ALEXANDER LOURENS    APPLIKANT

en

PREMIER VAN DIE VRYSTAAT PROVINSIE   EERSTE RESPONDENT

PAN SUID-AFRIKAANSE TAALRAAD         TWEEDE RESPONDENT

    APPLIKANT SE HOOFDE VAN ARGUMENT

Namens die Applikant word die volgende argumente voor die Agbare Hof geplaas,
naamlik:

REGSHULP:

                                                      1.

Hierdie is ‘n aansoek van die Applikant om die Eerste Respondent, die Premier van
die Vrystaat, se opsetlike verontagsaming van hierdie Agbare Hof se bevel van 7
November 2013 te sanksioneer en versoek die Applikant die volgende regshulp in die
kennisgewing van mosie:

“1. Dat die Eerste Respondent in minagting van die agbare hof se bevel van 7
    November 2013 bevind word; en

2. Dat die Eerste Respondent vir 90 dae ter gevangesetting weens hierdie
    minagtende optrede verwys word; en

3. Dat koste op ‘n prokureur en eie kliënt-skaal teen die Eerste Respondent
    persoonlik gelas word, alternatiewelik ampshalwe; en

4. Verdere en of alternatiewe regshulp.”
   1   2   3   4   5   6