Page 1 - Vrystaat Redes | LOURENS PROKUREURS
P. 1

1

       IN DIE HOË HOF VAN SUID-AFRIKA
    BLOEMFONTEIN AFDELING, VRYSTAAT

                              SAAKNOMMER: 1261/2013

In die aansoek tussen

CORNELUS JOHANNES ALEXANDER LOURENS    APPLIKANT

en

PREMIER VAN DIE VRYSTAAT PROVINSIE   EERSTE RESPONDENT

PAN SUID-AFRIKAANSE TAALRAAD         TWEEDE RESPONDENT

    VERSOEK OM REDES VIR BEVEL KRAGTENS REEL 49(1)(C)

Neem kennis dat die Applikant hiermee redes van sy Edele Regter Ebrahim se bevel
verleen op 17 September 2015 kragtens reël 49(1)(c) hiermee versoek.

Neem spesifiek kennis dat die Applikant van sy Edele Regter Ebrahim verlang om te
stel of sy die Applikant se stukke en hoofde, wat in Afrikaans was, kon verstaan en
hierdie versoek word gebaseer op die volgende:

    a) Tydens die oorhandiging van die aanvullende hoofde, wat Applikant in Engels
         voorberei het, nadat hy, soos hy aan Regter Ebrahim tydens oorhandiging
         daarvan in Kamers aan haar gemeld het, hy verneem het dat Regter Ebrahim
         Engelssprekend is, Regter Ebrahim soos volg opgemerk het: “...I have read
         through your heads but this will assist much to understand it...”.

    b) Die deurslaggewende rede vir hierdie versoek is toe Senior Advokaat J Lubbe
         betoog het en hy paragraaf 2 van die hofbevel van 7 November 2013 amper
         aan die einde van sy betoog in Afrikaans aangehaal het, Regter Ebrahim hom
         gevra het om dit na Engels te vertaal te midde van die feit dat die saak juis oor
         die nienakoming van hierdie paragraaf gehandel het.
   1   2   3   4   5   6