Page 1 - CJA LOURENS - HOOFDE VAN BETOOG
P. 1

IN DIE HOOGSTE HOF VAN APPÈL VAN SUID-AFRIKA

                     BLOEMFONTEIN

                                  APPÈLSAAKNOMMER: 20827/2014

                                  H/H SAAKNR: EC 08/2012

In die saak tussen:

CORNELUS JOHANNES ALEXANDER LOURENS                  APPELLANT

en

DIE SPEAKER VAN DIE NASIONALE VERGADERING EERSTE RESPONDENT

DIE VOORSITTER VAN DIE RAAD OP PROVINSIES  TWEEDE RESPONDENT

DIE MINISTER VAN KUNS EN KULTUUR           DERDE RESPONDENT

DIE PAN-SUID-AFRIKAANSE TAALRAAD           VIERDE RESPONDENT

                     APPELLANT SE HOOFDE VAN BETOOG

INLEIDING
1. Hierdie is ‘n appèl teen die uitspraak en bevel van sy edele regter B Griesel in die Wes-

   Kaapse Hoë Hof, wat as Gelykheidshof gesit het, van 17 September 2014. Verlof om
   te appelleer is op 10 November 2014 verleen.

2.1 Hierdie appèl fokus nie op die praktyk van die gebruik van amptelike tale in die
         parlementêre proses nie.

2.2 Die appèl handel primêr oor die problematiek rondom die vertaling en publisering
         van wetgewing as amptelike vertalings in al 11 amptelike tale binne ʼn redelike tyd
         na aanvaarding daarvan.

2.3 Hierdie appèl handel dus oor die vraag of die huidige praktyk van die Parlement
         en die Minister om nasionale wetgewing in Engels en ooreenkomstig die
         willekeurige keuse van ‘n minister in sy hoedanigheid as hoof van ‘n Nasionale
         Departement in een van die ander amptelike tale te publiseer onbillike
         taaldiskriminasie teen ander amptelike taalsprekers en / of subartikel 6(3)(a) en
         Gesamentlike Reëls 220, 221 en 222 ʼn regverdigingsgrond vir die
         taaldiskriminasie daarstel om die onderskeid as billike taaldiskriminasie te kan
         bevind. In die besonder, te midde van die Appellant as Afrikaanssprekende
   1   2   3   4   5   6