Page 1 - Woordfees Voordrag 11 Maart 2016| LOURENS PROKUREURS
P. 1

WOORDFEES VOORDRAG

                                     11 MAART 2016

MINSTENS DRIE TALE VIR STAATSINSTANSIES : LAKSHEID OF
ONWILLIGHEID?

Die volgende gedagtes word bespreek:

INLEIDENDE OPMERKINGS:

                                               1.

Die felle aanslag op Afrikaans gaan nog groter word tot minstens
16 Junie 2016 wanneer die Soweto opstande se veertigjarige
herdenking gevier word. Die verlies van die hoër funksies van
Afrikaans aan die universiteite, wat voorheen Afrikaans as
doseertaal gebruik het, laat dink my baie aan die groot brand
van die biblioteek in Alexandrië: een van die grootste verliese van
die mensdom. Die onregmatige teiken van Afrikaans is deel van
die onverdraagsaamheid van die huidige tydvak wat nie deur die
huidige leierskap besweer word nie. Laasgenoemde kan
rampspoedige gevolge vir ons land inhou.

                                               2.

SA het in praktyk net een amptelike taal en 10 of meer belangrike
tale. Hoe meer tale, hoe meer Engels: die beroemde woorde van
prof Theo du Plessis. Al die amptelike tale geniet gelyke aansien,
maar een geniet meer aansien as die ander.

                                               3.

Die verlening van amptelikheid aan die 11 tale in subartikel 6(1)
van die Grondwet het aan die tale ʼn ontwykende aansien
verleen. In die juridiese sin beteken dit eintlik myns insiens niks.

   3.1 Hoekom is dit nie beter gedefinieer soos in 1910, 1961
               en 1983 of selfs die 1993 Interim Grondwet nie: ons
               onderhandelaars is uitoorlê!
   1   2   3   4   5   6